Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande
Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande [boodskap #119728] Wed, 16 June 2010 16:48
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: March 1997
Karma: 0
Senior Lid
Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande

Dinsdag, 01 Junie 2010 09:18
Dan Roodt

Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou
vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te
berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons
vriendelike ontvangs in Swede, het 'n mens byna oorstelp gevoel met
die gasvryheid en meegevoel van die Lae Lande, sowel Nederland as
Vlaandere.

Oor die eeue vandat Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, het ons
verhouding met die Lae Lande hoogtepunte en laagtepunte beleef. 'n
Onlangse laagtepunt was die kulturele boikot deur Nederland in die
sewentiger- en tagtigjare, maar wat nie deur Vlaandere gevolg is nie.

Kort ná ons aankoms in Brussel het ek na Antwerpen vertrek vir 'n ete
aan huis van die Vlaams Belang se leier, Filip de Winter. Ek en 'n
ander groot vriend van die Afrikaners, Jared Taylor van American
Renaissance, is saam deur Annick Deneve, die Vlaams Belang-leier se
sekretaresse, in Brussel opgelaai en daarna na Antwerpen geneem. In
die motor gesels ek en Jared land en sand oor Suid-Afrika, asook
sekere raakpunte tussen ons en die Amerikaanse Suide.

Benewens die volksmoord op Afrikaners, is selfbeskikking die ander
hooftema van hierdie toer. Net soos die Afrikaners met hul vele
pogings tot onafhanklikheid, soos Stellaland en Goosen, asook die
Boererepublieke, het die Suidelike Amerikaners telkens selfregering
nagestreef, eers teen die Britte en toe teen die Yankees, maar tydens
die Amerikaanse Burgeroorlog is hulle natuurlik finaal deur Noorde
verower, net soos ons deur die Britte in 1902 verower is. Ook die ses
miljoen Vlaminge, die Nederlandssprekende volk in België, is besig met
hul eie demokratiese vryheidstryd om onafhanklikheid en selfbeskikking
te verkry. By die partykongres van die Vlaams Belang verlede Sondag
het die volgepakte saal dikwels uitgeroep: "België barst!", met ander
woorde, dat die Belgiese staat besig is om tot niet te gaan en dat
Vlaandere uiteindelik volle onafhanklikheid en 'n staat sal verkry.

'n Mens eet heerlik in België en die dinee by De Winter is uit die
boonste rakke, met 'n gehuurde sjef wat allerlei geregte vanuit De
Winter se kombuis optower, vyf of ses gange as 'n mens die kaas ná die
hoofgereg insluit.

Eintlik is dit 'n fondsinsamelingsdinee en die twintigtal mense
bestaan meesal uit Antwerpse sakemanne wat die Vlaams Belang
finansieel ondersteun. Aan tafel praat ek Afrikaans en al die Vlaminge
volg my gemaklik. Trouens, 'n gewaarwording wat al hoe sterker by my
inslag gevind het, is dat ons taal, Afrikaans, 'n mens eintlik toegang
tot die hele Noord-Europa gee. Die Lae Lande, natuurlik, waar ons
geredelik verstaan word, maar ook Duitsland, Switserland en die
Skandinawiese lande waar ons met geringe moeite daardie tale kan
aanleer, danksy ons taal se ooreenkomste wat woordeskat, sintaksis en
selfs uitspraak betref.

Ek dink nie die meeste Afrikaners besef in watter mate ons Afrikaanse
kultuur, soos ons volksliedjies en letterkunde, eintlik deel vorm van
byvoorbeeld die Vlaamse kultuur nie. Op skool leer die meeste Vlaminge
ons volksliedjies en kry ook blootstelling aan die Afrikaanse poësie.
Een van die dames aan my tafel verduidelik hoe sy vir 'n vriendin 'n
mooi gedig oor moederskap moes voordra en niks gepas in Nederlands kon
vind nie. Daarna het sy op 'n gedig van Elisabeth Eybers afgekom en
dit het groot byval gevind.

Die aantreklikheid van Afrikanerkultuur vir sowel die Vlaminge as die
Hollanders verteenwoordig 'n soort "sagte mag" wat ons steeds
uitstraal, in weerwil van ons huidige staatloosheid en oorheersing
deur die ANC se swart rassiste. Huntington het mos gepraat van "harde
en sagte mag" en het Amerika se popkultuur van Hollywood, Coca-Cola,
McDonald en Levi-denims as deel van die land se "sagte mag" getipeer.

Twee dae ná die dinee by De Winter, sit ek in die Schiller-kafee op
die Rembrandtplein in Amsterdam en vra 'n Nederlandse joernalis van
die koerant "De Pers" die vraag aan my: "Hoe sou jy die
Afrikanerkultuur beskryf?" In 2006 het ek by die American Renaissance-
kongres in Washington die frase, "Beethoven in die Bosveld" gebruik en
ek herhaal dit teenoor hom. Dis nie dat alle Afrikaners Beethoven op
die klavier of die viool speel nie, maar daardie kombinasie van Hoog-
Europese gekultiveerdheid, geletterheid en finesse met die viriele
jag- en pionierskultuur, is wat die Afrikaner 'n unieke wese op
hierdie planeet maak.

Meer oor ons besoek aan Amsterdam egter later. Ná die gesprek oor
Elisabeth Eybers en die voortreflikheid van die Afrikaanse poësie met
die welgeklede, welvarende Vlaminge aan tafel, versoek De Winter vir
my en Jared Taylor om elkeen 'n kort toespraak iewers tussen die
hoofgereg en die kaas te maak, hy in Engels, ek in Afrikaans. In my
kort praatjie verwys ek na ons swaarkry onder die juk van die ANC,
maar ook na ons gemeenskaplike vryheidstryd om onafhanklikheid en
vryheid te verkry. Ten slotte kwoteer ek die bekende woorde van I.D.
du Plessis:

"Nee, soet is die stryd vir die stryder,

Al moet hy uiteindelik verloor;

Maar die man wat sy deelname weier,

Is die man wat sy nasie vermoor.

Die Vlaminge klap warm hande vir my enkele onvoorbereide woorde.
Iemand komplimenteer my later selfs op my "grandiose toespraak". In sy
Engelse toespraak meen Jared Taylor dat hy my beny dat ek in 'n taal
wat so naby aan dié van die Vlaminge is myself verstaanbaar kon maak.
Volgens hom stry ons almal, PRAAG, American Renaissance en die Vlaams
Belang, dieselfde stryd ten behoud van die Westerse beskawing. Hoewel
die proses van aftakeling by ons in 'n veel meer gevorderde stadium
verkeer, is ons problematiek van kultuurbotsing, asook rasse- en
etniese verskille, deesdae die universele kwessies van die hele
Westerse wêreld, insgelyks hier in Europa. Dus het ons waarskynlik vir
die eerste keer in meer as 'n eeu die kans om nie net onsself aan die
buitewêreld verstaanbaar te maak nie, maar ook op gelyke voet deel te
neem aan die Europese politieke en filosofiese gesprek.

Ek sal oor die volgende paar dae nog verder berig oor ons ontvangs in
Nederland, asook by die kongres van die Vlaams Belang in Antwerpen en
ons kuier by die jong Afrikaneraktiviste in Londen wat die betoging
voor die SA ambassade op Trafalgarplein georganiseer het.
Wat PRAAG binnekort gaan bereik, is om 'n wêreldwye versetnetwerk te
vestig wat die destydse anti-apartheidsbeweging na amateurs gaan laat
lyk. Daar gaan gereelde betogings voor SA ambassades wees, skakeling
met media en besluitnemers in die meeste Europese lande en selfs
internasionale organisasies, alles met die uitsluitlike doel om vir
ons mense outonomie en grondgebied in Suid-Afrika te verkry waar ons
vry van die ANC-juk kan leef.

Binnekort die volgende aflewering wat dit betref.

Oorsprong:Praag

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/8179-afrikaner-qsagtem agq-in-die-lae-lande.html
)
Vorige onderwerp: Slagting van vroue beskryf
Volgende onderwerp: Bylmoordenaar kry 2 keer lewenslank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Tue Dec 03 17:31:27 UTC 2024